Neanderdaller | |
---|---|
’n Neanderdallerkopbeen. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. neanderthalensis
|
Binomiale naam | |
Homo neanderthalensis William King, 1864
| |
Die Neanderdaller kon voorgekom het so ver as die Altai- en die Oeralgebergte. | |
Sinonieme | |
Homo mousteriensis[1] |
Die Neanderdallers of Neanderdalmense is ’n uitgestorwe spesie van argaïese mense in die genus Homo, moontlik ’n subspesie van Homo sapiens, wat tot omtrent 40 000 jaar gelede in Eurasië voorgekom het.[3]
Hoewel daar konsensus is dat die redes vir hulle uitsterwing "hoogs betwisbaar" is, word demografiese faktore soos klein bevolkings, verbastering en lukrake skommelings as waarskynlike faktore beskou.[4][5] Ander redes wat aangevoer word, is opname in die moderne menslike samelewing,[6] groot klimaatsveranderings,[7] siektes[8][9] of 'n kombinasie van dié faktore.
Hulle word gewoonlik geklassifiseer as die spesie Homo neanderthalensis, maar sommige wetenskaplikes beskou hulle as Homo sapiens neanderthalensis, ’n subspesie van Homo sapiens. Dit is onduidelik wanneer die Neanderdallers van die menslike lyn afgeskei het; studies dui op verskillende intervalle wat wissel van 315 000 jaar[10] tot meer as 800 000 jaar gelede.[11] Die tyd toe hulle van hulle voorouer H. heidelbergensis afgeskei is, is ook onduidelik. Die oudste moontlike Neanderdallerbene dater van 430 000 jaar gelede, maar die klassifikasie is onseker.[12] Neanderdallers is bekend van talle fossiele, veral van ná 130 000 jaar gelede.[13] Die tipespesimen, "Neanderthal 1", is in 1856 in die Neanderdal in die hedendaagse Duitsland ontdek. Vir 'n groot deel van die 20ste eeu het navorsers die Neanderdallers uitgebeeld as primitief, onintelligent en dierlik. Hoewel kennis en die persepsie van hulle sedertdien aansienlik verander het in die wetenskaplike gemeenskap, is die beeld van die onontwikkelde grotman-argetipe steeds gewild in die volkskultuur.[14][15]
Die Neanderdallers se tegnologie was taamlik gesofistikeerd. Dit sluit in die kultuur van steengereedskap[16] en die vermoë om vuur te maak,[17] asook die bou van vuurherde,[18][19] om boombasteer[20] en minstens eenvoudige klere soos komberse en poncho's te maak,[21] te weef[22] en op die Middellandse See te vaar.[23] Hulle het ook medisinale plante gebruik[24] en ernstige beserings behandel, kos gestoor en verskeie kookmetodes gebruik soos die braai, kook en rook van vleis.[25] Neanderdallers het 'n groot verskeidenheid kos geëet, veral ewehoewiges,[26] maar ook ander diere van die Pleistoseen,[14] plante, klein soogdiere, voëls en seediere.[27] Hoewel hulle moontlik roofdiere aan die bopunt van die voedselketting was, het hulle nog met grotbere, grotleeus, grothiënas en ander groot roofdiere meegeding.[28]
'n Aantal voorbeelde van simboliese gedagtes en kuns word onbeslis aan Neanderdallers toegeskryf[29], soos moontlike ornamente wat gemaak is van voëlkloue en vere[30][31] of skulpe,[32] asook versamelings ongewone voorwerpe soos kristalle en fossiele.[33] Hulle het blykbaar musiek met 'n soort fluit[34] en Spaanse grotkuns gemaak[35] wat uit voor 65 000 jaar gelede dateer.[36][37] Sommige bewerings van godsdiensoortuigings is al gemaak.[38] Neanderdallers kon moontlik praat, maar dit is nie bekend hoe ingewikkeld hulle spraak was nie.[39][40]
In vergelyking met die mens het Neanderdallers 'n robuuste liggaamsbou gehad met proporsioneel kort ledemate. Navorsers skryf dit dikwels toe aan aanpassing om hitte in 'n koue klimaat te bewaar, maar dit kon ook aanpassings gewees het om te hardloop in die warmer woudstreke waar hulle dikwels voorgekom het.[41] Hulle het egter wel aanpassings vir die koue gehad, soos gespesialiseerde vetstoring[42] en 'n vergrote neus om lug warm te maak.[43] Die mans was gemiddeld 165 cm lank en vroue 153 cm, nes moderne mense voor die industriële tydperk.[44] Die breinholtes van mans en vroue was onderskeidelik sowat 1 640 cm3 en 1 460 cm3, wat binne die omvang van moderne menslike breine is.
Die totale Neanderdalbevolking was klein. Tog is daar bewyse van streekkulture en dus gereelde kommunikasies tussen gemeenskappe.[45][46] Hulle kon in grotte gelewe het na gelang van die seisoen.[47] Die Neanderdalgenoomprojek van 2010 het bewyse gevind van verbastering tussen Neanderdallers en moderne mense.[48][49] Dit het moontlik tussen 316 000 en 219 000 jaar gelede voorgekom,[50] maar waarskynliker sowat 100 000 jaar gelede en weer 65 000 jaar gelede.[51] Dit lyk ook of Neanderdallers in Siberië met Denisova-hominiene, 'n ander groep argaïese mense, verbaster het.[52][53] Neanderdallergene kom ook in ander bevolkings voor en sowat 20% van dié gene het oorleef.[54] Dit het blykbaar die mens se immuunstelsel beïnvloed[55] en word ook genoem ten opsigte van verskeie ander biologiese funksies en strukture.[56]
<ref>
tag; no text was provided for refs named stringer
<ref>
tag; no text was provided for refs named gomez2019
<ref>
tag; no text was provided for refs named meyer2016
<ref>
tag; no text was provided for refs named klein1983
<ref>
tag; no text was provided for refs named drell2000
<ref>
tag; no text was provided for refs named Shaw1999
<ref>
tag; no text was provided for refs named hayden2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named kedar2019
<ref>
tag; no text was provided for refs named schmidt
<ref>
tag; no text was provided for refs named hoffecker2009
<ref>
tag; no text was provided for refs named Hardy2020
<ref>
tag; no text was provided for refs named ferentinos2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named buckley
<ref>
tag; no text was provided for refs named hardy2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named dusseldorp2013
<ref>
tag; no text was provided for refs named Errico2017
<ref>
tag; no text was provided for refs named Hoffman
<ref>
tag; no text was provided for refs named Moncel2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named Turk2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named Aubert2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named pike2017
<ref>
tag; no text was provided for refs named hoffmann2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named wunn2000
<ref>
tag; no text was provided for refs named dediu2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named danastasio2013
<ref>
tag; no text was provided for refs named stewart2019
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kislev2018
<ref>
tag; no text was provided for refs named Azevedo2017
<ref>
tag; no text was provided for refs named Helmuth1998
<ref>
tag; no text was provided for refs named Ruebens2013
<ref>
tag; no text was provided for refs named Fabre2009
<ref>
tag; no text was provided for refs named Demay2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named green
<ref>
tag; no text was provided for refs named sankararaman2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named Peyrégne
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kuhlwilm
<ref>
tag; no text was provided for refs named Prufer2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named Pennisi
<ref>
tag; no text was provided for refs named vernot2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named Dolgova2018